Systembolaget se Mees Volhoubare Produkte-kategorie vir wyn word bekendgestel

Belyn met Systembolaget se volhoubaarheidstrategie, het die monopolie onlangs hul Mees Volhoubare Produkte-kategorie vir wyn en drank bekendgestel. Hierdie produkte word gevorm deur hul strategie om te fokus op volhoubare verbruik vorentoe tot 2030. Produkte word geëvalueer op grond van 4 kriteria, naamlik:

  • Omgewing
  • Maatskaplike verantwoordelikheid  Verpakking
  • Naspeurbaarheid

Die WIETA-bestuur het vergader met Sara Norel tydens haar besoek aan Stellenbosch vroeg in Februarie, en later met die volhoubaarheidspan en wynmaker Mathilda Dannetun om die implikasies te bespreek vir Suid-Afrikaanse wynverskaffers. Vir die Volhoubare Keuse-kategorie, sal Systembolaget nou slegs A-gegradeerde WIETA-sertifikate vereis in die wynnaspeuring van ‘n bepaalde produk. Dit kan moontlik ‘n uitdaging inhou vir komplekse versnitwyne, aangesien jy die naspeurbaarheid van elke komponent van die wyn sal moet verseker voor die versnit in een tenk saamgevoeg word. Die rede wat Systembolaget voorgehou het aan WIETA vir hul besluit om slegs A- graderings te aanvaar, is dat enige groot bevinding in hul verskaffingsketting as hoë risiko beskou word. Markte sal voortgaan om aan te dring op strenger produkvereistes namate die EU en ander lande hul volhoubaarheids-, klimaatsverandering- en menseregte-regulasies opskerp.

Indien jy belangstel om deel te neem aan ‘n rondetafel-gesprek met Systembolaget rakende hierdie vereistes, kontak asseblief vir Linda Lipparoni by linda@wieta.org.za.